|
As jy op jou probleme fokus, dan
word die probleme groter en God
kleiner. My een seun het die
gewoonte dat as hy met my praat
en hy kom agter ek luister nie so
goed nie dan sê hy: fokus, boys
fokus. As ons op God fokus dan
word God groter en ons probleme
kleiner. Ek het al geleer dat as dit
sleg en woes gaan, dan moet ek
die Bybel stadiger lees. Dit help
my om God beter te hoor. Die
fokus op God maak dat ek
daarmee sê ek vertrou vir God
heeltemal: ook vir vandag se
krisisse. Kom ons straal vertroue
uit. Kom ons dink eerder aan God
as probleme. En jy sal sien: die
probleme word kleiner en God
gee jou krag om dit te hanteer.
En onthou: lees stadig!
|
|
|